Met watter Bloemhof onderwyser stem jy die meeste ooreen?

Amelia Visagie

Watter vak sou jy kies?

A :Ekonomie

B: Biologie

C: Tegnologie

D: Afrikaans

Watter 3 woorde beskryf jou die beste?

A: Noukeurig, hardwerkend, regverdig

B: Vriendelik, behulpsaam, geduldig

C: Gelowig, familiemens, beginselvas

D: Optimisties, vriendelik, respekvol

By watter lewenswyse vind jy aanklank?

A: Dit is jou houding aan die begin van ‘n taak wat uiteindelik die uitkoms bepaal.

B: Dink altyd hoe jy sou voel as jy in daardie situasie was

C: Elke geleentheid en situasie waarin ek my bevind,is deur die Here geskep en ek maak die beste daarvan.

D: Wanneer jy van beter weet, sal jy beter vaar.

Watter fliek sou jy eerder kyk?

A: Ek lees eerder ʼn boek

B: Shawshank Redemption

C: The Mission

D: The Notebook

Watter liedjie sou jy eerder luister?

A: A whole new world – Lea Salonga & Brad Kane

B: Stille Waters – Laurika Rauch

C: Forever Young – Alphaville

D: I’ll be there for you – The Rembrandts

Wat sou jy eerder op ‘n Vrydag-aand doen?

A: Boek lees.

B: By die huis sit met my honde

C: Nachos eet en fliek kyk

D: Rustig by my huis kuier saam met my gesin of goeie vriende.

As jy ‘n towerkrag gehad het, wat sou dit wees?

A: Om mense se gedagtes te lees.

B: Om almal gelukkig te maak.

C: Om mense in nood te help.

D: Om te kan vlieg.

Met watter dier sou jy jouself vergelyk?

A: Beer

B: Perd

C: Hond

D: Tier

Wie is jou gunsteling Disney-prinses?

A: Belle

B: Nee dankie

C: Pocohontas

D: Aspoestertjie

Kies jou gunsteling juffrou.

A: Enige onderwyser wat ander met respek hanteer.

B: Juffrou Erasmus.

C: Juffrou Geustyn.

D: Ek kan nie kies nie, elke onderwyser is so uniek en spesiaal in eie reg. Elkeen verbeter my lewe op hul eie manier.

Uitslae:

Meestal A:

Jy is die meeste soos Juffrou Kruger!Jy is werklustig, opreg en akkuraat. Jy is ‘n boekwurm en dit intreseer jou om te weet wat in ander mense se kop aangaan. Jy het goeie werksetiek en respek is vir jou baie belangrik.

Meestal B:

Jy is die meeste soos Juffrou Geldenhuys!Jy is gaaf, hulpvaardig en verdraagsaam. Jy sit altyd ander mense se behoeftes voor jou eie en neem hulle gevoelens in ag. Jy sou graag wil hê almal moet gelukkig wees.

Meestal C:

Jy is die meeste soos Juffrou Hattingh! Jy is beginselvas. Jou geloof en familie is vir jou baie belangrik. Jou verhouding met die Here is ‘n belangrike deel van jou menswees. Jy sal graag almal wil help, want jy is ‘n omgee-mens.

Meestal D:

Jy is die meeste soos Juffrou de Klerk!Jy is positief, eerbiedig en bedagsaam. Jy glo almal is uniek en spesiaal. Jy gee altyd goeie raad. Dit is vir jou lekker om tyd saam met jou gesin te spandeer.