Amelia Visagie

As jy ’n seisoen was… watter een sou jy wees?

Ons ken almal die vier seisoene: winter se koue kombers, lente se nuwe begin, somer se sonsoene en herfs se knus gevoel. Maar as jy ’n seisoen was – watter een sou jou vibe wees? Klim in jou verbeelding, antwoord eerlik, en ontdek watter seisoen jou siel pas.

Skryf die letter neer wat jy die meeste kies.


1) Watter Tinker Bell-feetjie pas die beste by jou?

A: Periwinkle – koel, rustig, effens geheimsinnig

B: Rosetta – sag, stylvol, met ’n liefde vir mooi dinge

C: Iridessa – warm, vrolik en vol energie

D: Fawn – kalm, lojaal en lief vir diere


2) Jou Taylor Swift-era op herhaal:

A: Midnights – laatnag-gedagtes en diep gevoelens

B: Lover – sagte kleure, groot harte

C: 1989 – selfvertroue en dansvloere

D: Evermore – stories, boeke en herfsreën


3) Watter reeks roep jou naam?

A: Wednesday – donker humor en misterie

B: XO, Kitty – romanse en ligte drama

C: The Summer I Turned Pretty – son, see en gevoelens

D: Gilmore Girls – koffie, boeke en slim gesels


4) Jou droomdag lyk so:

A: Opgekrul met ’n warm drankie en my troeteldier

B: Blomme pluk, koekies bak, musiek in die agtergrond

C: Strand, sonbrandroom en lag tot jou maag seer is

D: ’n Stil hoekie, ’n boek en die kaggel wat knetter


5) Jou snoepie-bestelling:

A: Mocha – troos in ’n beker

B: Matcha-geïste koffie – vars en lig

C: Mango slushie – koud, soet en somers

D: Chai latte – speserye en knus vibes


6) Wie vat jy Bloemhofdans toe?

A: Laurie – saggeaard met ’n groot hart

B: Peter Kavinsky – romanties en speels

C: Conrad – intens, maar diep

D: Jess – stil, slim en bietjie rebels


7) Kies ’n blom:

A: Lelie

B: Tulp

C: Sonneblom

D: Roos


8) Jou perfekte geskenk:

A: ’n Woltrui + teddybeer (knus is ’n leefstyl)

B: ’n Fotoboek + iets handgemaak

C: Swembroek + waterbottel (kom ons gaan buite!)

D: ’n Boek + ’n kers wat na reën ruik


9) Jou go-to peuselhappie:

A: Koekies

B: Paaseiers

C: Vars vrugte

D: Donker sjokolade


10) Jou gunsteling tyd van die dag:

A: Middernag – alles is stiller

B: Sonsopkoms – nuwe begin

C: Middag – vol lewe

D: Skemer – sag en rustigJou seisoen-uitslag


Meeste A’s – WINTER

Jy is knus, diepdenkend en sag met die mense wat jou regtig ken. Jy hou van stilte, warm drankies en oomblikke wat nie haastig is nie.

Meeste B’s – LENTE

Jy bring lig in kamers in. Jy glo in nuwe beginne, klein gebare van liefde en die magie van alledaagse oomblikke.

Meeste C’s – SOMER

Jy is energie op twee bene. Lag kom maklik vir jou, jy soek avontuur, en jy maak herinneringe oral waar jy gaan.

Meeste D’s – HERFS

Jy is wys, introspektief en lief vir betekenisvolle dinge. Jy leef vir stories, gesprekke laatnag en die sagte skoonheid van verandering.