Foto: Verskaf

CURRO ATLETIEKBYEENKOMS: Bloemhof 10de uit 45 skole!

Op 18 Februarie het die top Bloemhof-atlete aan die Curro-atletiekbyeenkoms in Pretoria deelgeneem. 34 bekende topskole het aan dieselfde byeenkoms deelgeneem. Skole soos Paarl Gimnasium, Paarl Girls’ High, Helpmekaar Kollege en Prestige College het as vriendskaplike kompetisie opgetree.

Hoërskool Menlopark wen eerste plek, terwyl Afrikaans Hoër Meisieskool kort op hulle hakke volg en die silwer medalje huis toe geneem het. HMS Bloemhof het die 10de plek behaal kort op die hakke van HMS Paarl wat die 9de plek behaal het. Al was die bene seer, die kompetisie sterk en die sweet baie, het hierdie dames nooit moed opgegee nie.

Van die 14 atlete wat deelgeneem het, het sewe onder die top-10 in hul items te staan gekom. Elandri Schmidt gryp die goue medalje uit die kompetisie se hande in die 1500m vir o.19’s. Lana Oberholzer, die 2024 Atletiekkaptein, verwerf ‘n tweede plek in die 400m hekkies in die o.17 afdeling.

Foto: Verskaf


Simone van der Merwe behaal ’n skitterende tweede plek in die 800m in die o.15-afdeling. Nog silwer medaljes was toegeken vir Mignonne de Beer se Verspring (o.17) en Lana Oberholzer se 100m hekkies (o.17). Kort op Lara se hakke in dieselfde item was Mignonne de Beer wat ’n derde plek behaal het.


Pippa Viljoen het haar staal gewys in die o.15 400m en ’n brons medalje ingepalm terwyl die o.19-aflosspan bestaande uit Lana Oberholzer, Lara Ehlers, Nell Basson en Mignonne de Beer, ook ’n derde plek in die 4 x 100 m aflos-item behaal het. Dit is indrukwekkend siende dat al vier hierdie dames o.17 is!

Baie geluk aan elke atleet met hul prestasie en toewyding. Bloemhof is ongelooflik trots!

Lees meer: