Die Accelerando-koor het van 10-12 Februarie hul jaarlikse koorkamp gehad, die eerste keer sedert die Covid-pandemie. Wat ‘n wonderlike ervaring om weer met “Oom” Ernst Buscagne te kan werk!
Ons is bevoorreg dat hy jaarliks van Switzerland af kom om met die koor te kom werk. Vrydag en Saterdag het ons baie hard geoefen. Ons was moeg! En sommige van ons het miskien gewonder waarom ons koor sing.

Hoekom in ‘n koor sing? Jy kry die geleentheid om ‘n verskeidenheid liedjies uit verskillende style en kulture te sing, jy leer hoe om musiek te lees, goeie diksie te ontwikkel en uitvoervaardighede aan te leer.
Om in ‘n koor te sing is ‘n goeie manier om vriende te maak en verhoudings te bou met mense wat ‘n gemeenskaplike belangstelling het musiek maak! Nog ‘n rede is die koorkamp-kos. Dit was uit die boonste rakke, ons is oneidig dankbaar vir Oom Pieter van
Eeden.

Die koorlede sien uit daarna om later vanjaar weer by Oom Ernst kers te kan opsteek. Ons wil die koorkomitee bedank wat die aktiwiteite vir ons gereël het en natuurlik die onderwyserresse mee Marijke Roos, Suné van Wyk en ook Dinie Basson.
Niks hiervan sou moontlik wees sonder u nie! U is die koor se fondasie en ons is onsettend lief vir u. Ons waardeer alles wat u vir ons doen, dankie! Ons sien uit na ‘n jaar vol hoogtepunte!
Accelerando excel!

Lees meer: