Bobby van Jaarsveld
Bobby van Jaarsveld. Foto: iol.co.za

Bobby in Bloemhof

Drama. Ligte. Aksie. Woordfees

Die afgelope week was ’n deurmekaarspul vir Bloemhoffers, en hulle was nie so gelukkig oor die chaos nie. Bloemhoffers moes om die hele skool stap om by sommige klasse uit te kom en hulle moes fokus in die klas, terwyl hulle kon hoor hoe daar musiekuitvoerings en ander vertonings plaasvind. Daar was egter ’n silwer randjie aan dié onstuimige Woordfees-wolk: Bobby in Bloemhof. 

Bobby van Jaarsveld, hartsliefling van baie Bloemhoffers, het by die Woordfees – in Bloemhof as venue – opgetree en kort voor lank was #ekliefBobby ’n gonswoord. Verskeie Bloemhoffers het dit hul missie gemaak om Bobby te siene te kry en hom te smeek om Spieëltjie-spieëtjie te sing. 

“Om Bobby in Bloemhof te hê, is ’n groot voorreg, maar ’n nog groter teleurstelling omdat hy nie vir ons kan optree nie,” sê Michelle Arendse (gr. 10). 

Bloemhoffers wil graag hê dat Bobby by Bloemhof moet kom optree. As jy graag wil help om dit ’n werklikheid te maak, teken gerus die volgende petisie: https://chng.it/cRtRxy8J.

Dalk kom kuier Bobby spesiaal vir ons hier in Bloemhof.