Die eerste kwartaal het teen ‘n snel spoed afgeskop en ek is seker die meeste Bloemhoffers is reeds hard aan die werk. Tussen sport- en kultuur-oefeninge kom meeste van ons eers na 17:00 tuis en boonop is daar ‘n hoop huiswerk wat moet klaarkom. Dit is maklik om tussen die chaos geen tyd te kry vir kosmaak nie. Sosiale media loop oor van smaakmakers (‘influencers’) wat jou aanmoedig om tyd in te ruim vir gesonder eet, maar dit is nie altyd so maklik asjy slegs ‘n paar minute tot jou beskikking het nie. Dit is hoekom dit so belangrik is om ‘n paar 20-minuut resepte byderhand te hê sodat jy seker kan maak jy skeep nie jou aandete af nie. Hierdie Quesadillas is ‘n uitstekende bron van proteïne, vesel en gesonde voedingstowwe.
Bestanddele:
- 1 koppie gepluisde gebraaide hoender
- ½ koppie tamatie, klein gesny
- ½ koppie gaar mielies
- 6 koppies vars spinasie
- 1 ui, fyn gekerf
- 1 koppie gerasperde kaas
- 1 avokadopeer om Guacamole mee te maak
- 4 tortillas
Instruksies:
– Braai die uie op medium hitte in olyfolie tot dit deursigtig is.
– Voeg nou diespinasie by en bedek diepan met ‘n deksel.
– Roer af en toe die spinasie totdat dit vyf keer afgeneem het in grootte.
– Voeg nou dietamatie, mielies en hoender by en meng dit saam met die spinasie en uie.
– Haal die pan van die hitte af.
– Plaas een wrap in ‘n skoon pan, op medium-lae hitte.
– Versprei die helfte van diehoendermengsel op die wrap en strooi die helfte van die kaas bo-oor.
– Plaas nog ‘n wrap bo-op en draai die quesadilla om sodra die onderkant goudbruin is.
– Wanneerbeide kante van jou quesadilla goudbruin is en die kaas ten volle gesmelt het
– Herhaal die proses met die tweede quesadilla.
– Sny elke quesadilla in kwarte en bedien dit met guacamole.
Die beste deel van dié resep is dat dit so maklik is om te verander! Jy kan die hoender verruil vir boontjies of een van die bestanddele heeltemal weglaat.
Smaaklike ete!
Lees meer: